Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Nou het ons twee (of dalk drie) Kariegas in die Oos-Kaap
2021-09-20"Wat my wel pla, is die feit dat die Oos-Kaap nou ’n dorp en ’n spoorwegstasie met die dieselfde naam van Kariega het. Daar is ook sprake van ’n derde dorpie met die naam van Kariega. Dit is glo naby die landelike dorpie Alexandria geleë. Daar woon glo net ’n paar gesinne op die kleine Kariega."
’n Swerfjaar vir seniors: Aflewering nommer een
2021-09-20"Miskien moet ’n mens elke twintig jaar so ’n oorbruggingsjaar aandurf, begin ek nou bespiegel, om ’n nuwe perspektief op jou lewe te kry."
Die dag toe ek gesterf het
2021-09-13"En iewers, tussen eskatologie en die wetenskap, is skeptici wat probeer sin maak uit die eeue-oue vraag: Skei die gees van die liggaam na die dood, en is die eindbestemming inderdaad die hemel of hel?"
Koebaai, Roe v Wade
2021-09-07"Erger nog, indien ’n minderjarige as gevolg van verkragting swanger word, verplig die wet haar nou om die baba te dra."
’n Liefdesbrief aan Patti Smith
2021-09-06"Internasionale reis gaan moeiliker word, maar in slapelose nagte soos vannag vind ek in my inboks ’n brief van Patti Smith met die subject line: A poem for you."
Is poverty porn eties?
2021-09-01"Die probleem daarmee is wanneer dit aan die groot klok gehang word. Die probleem is dat persone geïdentifiseer word."
Is duck ’n dive ’n vereiste om president te wees?
2021-08-18"As Zuma se duck ’n dive ’n pantsula is, dan is Uncle Cyril s’n ’n statige wals. Die effek is dieselfde: Ons as onwillige dansmaat en verstomde toeskouer word elke keer met leë arms en meer vrae as antwoorde gelaat. En steeds dans ons voort. En steeds kies ons dieselfde dansmaat."
Gesins- en familienarratiewe
2021-08-16"Elke familie het waarskynlik ’n oom wat besluit om die familiegeskiedenis te dokumenteer. Kom ons noem hom oom Giepie. Hy tree na vore as die alfaman en neem eienaarskap van jou identiteit en persoonlike inligting. Lidmaatskap is nie vrywillig nie. Nee, as jy jou doopname google, is jy skielik dáár, en as jy vroulik is, is jy en jou susters bloot terloopse sytakkies aan ’n boom, want genealogie is ’n patriargale storie."
Morele leierskap
2021-08-16"Is daar so ’n morele vakuum in die topleierskap dat niemand wat eerlik en bevoeg is, beskikbaar is vir sleutelposte nie? Wat is die waarde van ’n kabinetskommeling as dieselfde groep maar net in verskillende posisies ingeskuif word?"
Bestaan linkse politiek nog?
2021-08-16"Die linkses se kreatiewe en vernuwende vermoëns is morsdood en hulle kan met niks nuuts vorendag kom nie. Hier in Suid-Afrika het hulle eerder besuinigingsmaatreëls ingestel wat verdere ekonomiese druk op arm en werklose mense plaas. Besuinigingsmaatreëls moet liewer ten tye van oorloë en pandemies vermy word, omdat dit vernietigend vir minderbevoorregte mense is."
Waarom is moord sexy?
2021-08-10"Is ’n gevangene juis so begeerlik omdat hy veilig agter slot en grendel sit? Orrels in die maan? Is dit soos om ’n briesende, gespierde tier in ’n hok aan te hou?"
Vellies is net vellies – of is dit?
2021-07-27"Ontwerpers kan bitter selde al hul landsburgers gelukkig hou wanneer dit kom by die uitrustings wat deelnemers aan die Olimpiese Spele by die openingseremonie dra."
’n Kultus van positiewe denke
2021-07-22"Van die vroegste tye af het die mens ’n begeerte om te toor: Ek stel dit nou in plein Afrikaans. Want die mens is uitgelewer aan sy eksistensiële (nood-)lot, en daarom is dit nie vreemd dat van die oudste gelowe, bv Wicca, die indruk skep dat die mens deur persoonlike en magiese intervensie die uitkomste van sy lot kan verander nie."
Die jaar toe ek elke aand soesji geëet het
2021-07-21"Op ’n dag besluit ek: tot hier toe en nie verder nie."
Vergeet maar van gun reform, Uncle Cyril
2021-07-21"Toe die poelieste kans het om te baklei teen mense wat terugbaklei, toe is hulle nêrens te sien nie, en die gewone ou op die straat moet maar self sien en kom klaar."
Zuma gaan glo op die stokkies lê, maar het geregtigheid geseëvier?
2021-07-01"Die vraag vir my is baie eenvoudiger: Was hy vir die regte oortreding tronk toe gestuur? Zuma het oor die jare soveel misdade gepleeg dat dit soos ’n antiklimaks voel dat hy vir minagting van die hof tronk toe te gaan."
#FreeBritney tel spoed op
2021-06-25"Die vraag is net: As Britney Spears, iemand in die openbare oog, geen beskerming teen die stelsel het nie, watter hoop het enigiemand anders?"
"Gee jou hart vir Alicedale"
2021-06-15"Dit is belangrik dat dié vrae beantwoord word, want tienerswangerskap vererger armoede. Gegewe die noodkrete vir armoedeverligting vir die Alicedale-gemeenskap tydens die vergadering, besef ek weer eens dat die uitwissing van armoede ’n reusetaak is."
Catch me if you can: binne die psige van die triekster
2021-06-14"Mens wonder of hy onder normale, of eerder wettige, omstandighede dieselfde loopbaankeuses sou volg, dieselfde suksesse sou behaal? Of is die con self die middel tot die doel? Die lewe is ’n speeltoneel, inderdaad."
