Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Senekal: Soms is ’n protes net ’n protes
2020-10-08"As een swart persoon onnodig deur polisietoedoen sterf, voel alle swart mense dit aan hul eie bas. Hoekom sal plaasboere anders voel? Dalk is hierdie die George Floyd van die plaasboere."
Skoon wasgoed: Die X-faktor van Ena Murray
2020-10-06"Ena het ’n manier gehad om intiem in die binneoor van die leser te praat. Asof die verteller in haar boeke ’n groot geheim met net jou, die leser, deel. Dikwels het dit ’n skindertoon aangeneem, wanneer sy van die skandalige optrede van die een of ander karakter vertel."
Om mekaar in die hare te vlieg
2020-10-05"Ongetwyfeld herinner die 'reguit hare versus kroeshare'-issue ’n mens aan die potloodtoets – hoe dit deur die apartheidsregering gebruik – of misbruik – was om ’n persoon se ras te bepaal. Dit is reeds hierdie letsels wat nog vandag voortleef dat mense aan hul hare geken word."
Oktobermaand en lente in ons lewens
2020-10-01"Nooit gedink die dag sal aanbreek dat ek dit sê nie, maar ons hier aan die suidpunt van Afrika is baie, baie beter af as die grootste moondheid in die wêreld."
Het die DA of John Moodey se waardes en beginsels verander?
2020-10-01"Wie is meer skuldig? Die een wat in die donkerte struikel en val of die een wat die donkerte veroorsaak het?"
Skoon wasgoed-rubriek: Daardie goue naald in die hooimied
2020-09-23"Die publikasie van Jaco Fouché se debuutroman, Die ryk van die rawe, het ’n sonderlinge nuwe skrywerskap in Afrikaans aangekondig."
Trump se Amerika vs Hitler se Duitsland: enige verskil?
2020-09-21"Daarom dat Trump se opkoms my nie juis verbaas het nie. Hy spreek tot die vooroordele wat ’n groot groep van sy landgenote deel. Hy gee toestemming vir hul rassisme om tot volle wasdom te kom."
Digitale dood
2020-09-21"Teen 2012 was daar reeds 30 miljoen afgestorwe Facebook-gebruikers op dié gewilde sosiale-media-webtuiste. En teen 2100 sal daar na raming 4,9 miljard oorledenes op Facebook wees, wat mens dadelik aan ’n reuse-Facebook-begraafplaas laat dink."
Suiker: godin of pes?
2020-09-15"Is suiker volgens die wetenskaplike beskrywing so verslawend dat daar soveel neurologiese veranderings in die brein is dat jy middelafhanklik raak soos met ’n dwelm en mediese hulp nodig het om op te hou om dit te gebruik?"
Skoon wasgoed: Is ons almal Zimbabwiërs?
2020-09-15"We are all Zimbabweans now is die verhaal van ’n Amerikaanse aktivis wat hom vir die opvoeding en ander belange van die werkersklas in Zimbabwe beywer. Weldra begin hy egter ontgogel raak met die vergrype van die vroeër gevierde bevryders. Die verrotting wat uitkring totdat Robert Mugabe se gulhartige uitroep aan die begin van sy bewind oplaas beteken: Hierdie korrupsie het ons almal betrek."
Hou op kwel en begin lewe
2020-09-09"Ek onthou die dag toe ons gesinnetjie op die grasperk in ’n sirkel gedans het toe ons in kennis gestel is dat ons ’n karavaan in ’n Reader’s Digest-kompetisie gewen het."
Trevor Manuel het deel aan "die byna drie dekades van ANC-bewind wat vermors is"
2020-09-09"Die waarheid is dat die huidige ekonomiese trajek waarop ons is, ons moontlik oor die afgrond kan druk waaronder die arm en honger mense die ergste gaan ly."
Clicks, Julius en die nuutste skermutseling in die hare-debakel
2020-09-08"Ek stem glad nie saam met die skade wat die EFF aangerig het nie. En ek voel effens jammer vir Clicks. Hulle het nie die advertensie bedink nie, hulle het dit net onsensitief geplaas. Maar ek hoop dat die protes ten minste maatskappye twee keer gaan laat dink voordat hulle toondoof advertensies laat maak."
Is jy lus om te hiberneer?
2020-09-03In haar nuwe wetenskaprubriek vir LitNet skryf Elsabé Brits vandeesweek oor die moontlikheid van menslike hibernasie.
Cover djou wickets, Uncle Cyril!
2020-09-01"Uncle. Watch your back. Djy’s omsingel van ’n brood of vipers, soes hulle innie Bybel sê. Moenie te gerus raakie – when you least expect it gan hulle kom vir djou hakskiene. Van agte af, wan daai lot sallie djou face nie."
Korrupsie hou die ANC bymekaar, daarom sal dit nie skeur nie
2020-09-01"In ’n week van hoë politieke drama het die ANC se kunsmatige eenheid soos ’n besmette stinksweer oopgebars omdat die skelms, diewe, selfverrykers, nepotiste, tenderpreneurs, pantiepreneurs en Covidpreneurs in die ANC se vet besig is om uit te braai."
Skoon wasgoed-rubriek: ’n Ster word gebore
2020-08-27"Dit was duidelik hier was iets buitengewoons aan die gang. Die titel was Griet skryf ’n sprokie. Dit was 1992."
Dankie virrie party time, Uncle Cyril
2020-08-18"Vedag suip perty, môre het hulle hangover, maa’ oormore gan hulle beginne onthou. Hulle gan onthou hulle het ‘ie wêk ‘ie, wan hulle employer is bankrot na vyf maane sonne income. Hulle gan onthou lat die kospakkies wat beloewe is, nie by ammel uitgekom het ‘ie."
Wat’s in ’n naam?
2020-08-14"Jou naam vertel van jou geslagsregister, weerspieël jou ouers se drome en aspirasies en verklap iets van die zeitgeist waarin jy gebore is."
Mossie en Merv en die verlokking van die langpad
2020-08-14"Met die terugry kry my fiets ’n pap wiel. Ek staan die band langs die pad en pomp (tjierie-tjierie) toe twee redelik gehawende mans in ’n garerige, vierkantige bruin tjor – ’n Mazda of Datsun of iets – langs my stilhou. Ek was destyds oop vir die lewe en belewenisse; ek wou alle soorte mense leer ken om oor hulle te skryf."
