Nou het ons twee (of dalk drie) Kariegas in die Oos-Kaap

  • 1

Vallei van Verlatenheid, Oos-Kaap (foto: Pixabay)

..........

Die onlangse naamveranderings van bekende Oos-Kaapse dorpe en stede – soos Port Elizabeth (na Gqeberha), Uitenhage (na Kariega) en King William’s Town (na Qonce) – gaan my nie eintlik aan nie, want al protesteer jy hoe hard, sal jy nie wen nie.

Vra maar vir die huidige burgemeester van die Nelson Mandela-metro, Nqaba Bhanga. Foeitog, sy protes het op niks uitgeloop nie.

...........

Wat my wel pla, is die feit dat die Oos-Kaap nou ’n dorp en ’n spoorwegstasie met die dieselfde naam van Kariega het.

Daar is ook sprake van ’n derde dorpie met die naam van Kariega. Dit is glo naby die landelike dorpie Alexandria geleë. Daar woon glo net ’n paar gesinne op die kleine Kariega.

Nou hoe gebeur so iets in ’n moderne samelewing?

........

Nou hoe gebeur so iets in ’n moderne samelewing?

..........

‘n Menigte mense was vroeër vanjaar die duiwel in toe die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, aangekondig het dat Uitenhage se naam na Kariega en Port Elizabeth na Gqeberha verander word.

Uitenhage – met sy bynaam Tuindorp– is sowat 30 km buite Gqeberha geleë. Dit vorm deel van die Nelson Mandela-metropool waarvan Gqeberha en Despatch ook deel is.

Uitenhage is welbekend omdat Volkswagen Suid-Afrika – die grootse motorfabriek in Afrika – daar geleë is. ‘n Ander groot nywerheid op dié dorp is Goodyear.

Uitenhage was die middelpunt van die stryd teen apartheid. In ’n voorval in 1985 het die polisie op ’n begrafnisprosessie geskiet wat later bekend geword het as die Langa-slagting. ‘n Menigte betogers is in dié vreedsame protesoptog doodgeskiet.

Uitenhage het bekende persone soos Allan Hendrickse, oudpremier John Vorster, Enoch Sontonga en die bekende en gewilde musiekgroep van die 1960’s, The Invaders, opgelewer.

Uitenhage is in 1804 gestig en in Februarie vanjaar het die ministerie van sport, kuns en kultuur aangekondig dié dorp se naam verander na Kariega.

.........

Die ironie in die naamsverandering lê daarin opgesluit dat die persoon wat die naamsverandering voorgestel het, nie bewus was van die bestaan van ’n spoorwegstasie met die naam Kariega nie.

..........

Die ironie in die naamsverandering lê daarin opgesluit dat die persoon wat die naamsverandering voorgestel het, nie bewus was van die bestaan van ’n spoorwegstasie met die naam Kariega nie.

Dié spoorwegstasie is 53 km buite Uitenhage op die R75 geleë. Dit is op dieselfde roete soos jy Jansenville en Graaff-Reinet toe ry.

Wat nog meer verontrustend is, is dat die Departement van Sport, Kuns en Kultuur nie behoorlike navorsing gedoen het oor die naamsverandering nie.

Indien wel, sou die Oos-Kaap nie nou met drie plekke met dieselfde naam gesit het nie. Hoe gebeur so iets in ’n moderne samelewing?

  • 1

Kommentaar

  • Waldemar Gouws

    Daar in die Oos-Kaap is ook drie Kariega-riviere. Die een wat na die Beervleidam vloei, beteken blykbaar Buffelsrivier. Die een wat aansluit by die Sondagsrivier naby Kirkwood kry sy naam van die Khoi vir Steenbokvlakte. En die derde een wat wes van Makhanda ontspring om by Kenton on Sea die see te tref, beteken, ook van die Khoi, dieselfde as Klipfontein. Dis volgens PE Raper se "South African Place Names". Die Oos-Kaap is die Oos-Kaap.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

    Top