Die paper trail

  • 1

Oo die afgeloepe twie maane is daa soeveel donker content wat op social media gedeel is, maa dan was daa wee die goeie dinge wat oek op my feed opgepop het. Met elke post wat my geraak het, en wat ek gedeel het, het ek myself gevra: Maa is dit norrag om die goed te share? Maa wat is ôs sonner die informasie wat ôs daagliks mien gevoed wôt, of wat ôs daagliks annes mien voed?

Ek volg ’n fotograaf op Facebook, en elke dag is daa ’n niewe post van hom wat mense op die Kaapse Vlakte wys en wys wat hulle mien biesag is gedurende die tyd van COVID-19. En ek realise weer eens die belangrikheid daavan om ôs liewens te dokument. Dis baie belangrik dat daa ’n paper trail is wat vi dié wat nog moet kom kan wys wat die wêreld deugemaak het.

Daa moet ’n paper trail wies, maa soms voelit soes ôs informasie deel net ommat ôs wil sien hoeveel keer mense ôs se posts gan deel, of hoeveel mense ôs posts hartjie. Soes dinge nou lyk, en hoe mense hulle gedra, voel dit dat selfs al liewe ôs in die digitale era, en al is ôs nader as ooit an mense wat duisende kilos vê van ôs af bly, voel dit nog steeds asof ôs soe disconnected van mekaa af is, en an wat ôs norrag het om as ’n wêreld bietere te liewe. Ek mien maa ôs het mini computers wat in die palm van ôs hanne pas, en dis tog deel van die bewyse dat ôs rêrig dinge kan veanner. Maa mense is soe gefokus op en soe behep met die likes en cares en hartjies en tears en anger emojis op Facebook, Instagram en TikTok dat hulle nie warrie oo die tyd en space waa hulle kan deel raak van die revolusie om die wêreld in ’n bietere toestand te los as wat hulle dit gekry het nie. Miskien is die TikToks en die shares en die statusse en story updates tog deel van die boekhou wat wys dat die veliede ’n stem sal hê in die toekoms.

’n Anne tjommie sê die anne dag: “Ek is gatvol vi al die niewe presenters en sjefs en online teachers. Net ommat djy ’n smart-]phone en ’n kamera het, bedoel dit mossie djy moet voo daai kamera loep staanie.” Ek lag toe vi dit, because an die eenkant voel ek ja, dit is soe. Som videos en posts moet eeder net in die drom gesmyt wôt. Maa dan sê ek trug: “Dit is die prag en mag van die hele virtuele storie, dat elke dJan Raap en sy maat kan deel raak van die storielyn. Al is som goetes net nie norragie, is daa sekerlik krag daa’in om meer’an een storie te kan lies, volg, kyk en vetel.” Wanne ek dink an som posts en video clips wat net praat oo hoe donker die wêreld rêrig is, voel ek nog steeds dat dit belangrik is dat dit deel moet wies van die tydlyn. Mense wat goedheid kan inspireer moet dit doen, en al die stories van COVID-19, lockdown en hierdie tyd in die wêreld en in Suid-Afrika moet van alle kante opgevang wôt. Die feit dat daa soe baie veskillende stemme is wat nou lugtyd kry, gan dan in die toekoms ’n voller storie vetel as wat ôs vetel was. Op soe ’n manier is die prentjie van die mense van 2020 ’n voller prentjie, en wys dit wat ôs gedoen het om die liewe ’n bietere een vi ôs amal te maak.

Soe as djy iets goeds het om te deel, deel dit en inspireer, wan Got wiet ôs het dit amal norrag.

  • 1

Kommentaar

  • Margaret Cordier
    Margaret Cordier

    Netso!!!
    God Almagtig weet
    Ons het die Here die nodigste. Ons bron van weg, waarheid en lewe.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top