Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Deur die lens van ’n ander bril

Kristy-Ann Kotzé Poësie 2020-10-06

"Deur die lens van ’n ander bril, 
lyk ek sterk en mooi – 
vreesloos vir die uitdagings wat die wêreld na my kant toe gooi" 

Dapper vrou

Johanette Pretorius Poësie 2020-10-05

"Steeds fluister Sy stem in my brose oor 
koester die Lam my vodde vlees 
omarm my Vader my honger, hunkerende hart"

Swerm

Hans Pienaar Poësie 2020-10-05

"Maar as         Die maskers        val        dan      tuimel 
Hulle        Uit        die       speekselneste   
wYd die hemel     in"   

Monumentjies in self-storage

Leon Rademeyer Poësie 2020-09-29

"Die monumentjies van ons liefde vergader stof in self-storage, 
my skat 
mot en roes" 

Kleintyd se onthou

Driekie Grobler Poësie 2020-09-29

"geen TV, internet of lastige fone 
slegs ure se lag en gesels 
onder die druiweprieel" 

My monoloog

Johanette Pretorius Poësie 2020-09-29

"Bedaar hart, stil storm!
Jou vingerafdruk’s nou in Abba se hand"

Vergifnis

Driekie Grobler Poësie 2020-09-29

"nou staan ek hier voor jóú loopgraaf 
en strooi reuklose blomblare 
hef dan in vergifnis aan …" 

Broos

Carla Botha Poësie 2020-09-29

"maar jare fladder        
verskrik verby,        
vasgevang in ’n strik
word ons oud"

Nóg ’n kerkhof?

Louis du Plessis Poësie 2020-09-23

"Buite Santa Croce in Florence 
verwelkom Italiaanse digkuns ons: 
troon Commedia 
se Dante" 

Gehawende reënboog

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-09-23

"die son het vandag halfmas gehang
eenkant geskerf en gebroke
lê die spikkels van ’n donker"

Ghazal

Margaret Cordier Poësie 2020-09-23

"haar mond lag en soel gelaat 
rok waai ’n wit vlag oor Beiroet" 

Koggelroep

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-09-22

"maar die wind het my vel geskroei
onwillekeurig het my voete pad gevat"

Woordbokkoms

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-09-18

"soos bokkoms
lê die woorde brak
op my tong"

Dubbelbindkind

Natasha de Lange Poësie 2020-09-18

"liefde wat straal, skeur 
’n prentjie rooskleurig met bloed besmeer 
en die raam skeeftrek met hamer en soen"

Dagbreekkruik

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-09-15

"die son breek die dag oop
ek skulp die skoonheid teer"

Bring vi my die lente

Christo Meyer Poësie 2020-09-15

"En as djy op ’n dag ’n drai kô maak 
Doen tog vi my ’n favour 
(Want ek hettie krag vi nóg drama nie) 
Los groot asseblief die winter daa 
En bring vi my die lente saam"

Watergraf

Amanda Ahave De Meillon Poësie 2020-09-15

"eensaam alleen gooi sy haar hande na bo 
in die fynsproeitrane 
van die oseaan ..."

Maankompas

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-09-14

"in skemerlig se swart agaat
splinterster ver-
gesigte
wat struikel
en verskiet"

Laaste reis

Ryk Brink Poësie 2020-09-09

"Ek sal verby Nuwerus en Bitterfontein kronkel, 
vir ’n oomblik onder ’n doringboom gaan rus 
voordat ek die laaste grens oorsteek" 

Hoe liggies dans my masker in die aandwind

Eben Viktor Poësie 2020-09-07

"dink jy as als verby is sal jy my kan teruggee, 
my eindelik weer kan oorlaat aan my eie gesig?"

Top