… ’n bars wat van my beitel af
dwarsdeur die sterre loop (NP Van Wyk Louw)
jy bestuur deur die nag
jou motor ’n blink
vaartuig op die styx
onderweg na die eindpunt
van die aarde
in jou hoofligte brand
die vlieënde kandelare
van laaste iceberg rose
jou voorruit ’n uitsig
op die suiderkruis se spiese lig
iewers gloei die oë
van bengaalse tiere
en geskubde pangoliene
oor die ganse aarde ’n krans
van koors en vuur
jou venster is oop
een hand op die stuur
een hand daag die wind van God
jou radio sein deur die eter
’n nuusflits op repeat: die hamerslag
op slag wat alle dinge breek wat eens
ontsagwekkend simmetrie
en verbintenis was
Lees al die Mondig-gedigte hier:
Kommentaar
Susan,
jou beitel verwoord die vervlietendheid van lewe, skoonheid en verhoudings deur die uitsterwing van tiere en pangoliene en "die krans van koors en vuur" aangrypend. Dankie
Treffende gedig!