Susan Smith

Susan Smith is ’n digter en akademikus en woon in Oos-Londen. Sy ontvang verskeie toekennings vir haar beskerming en bevordering van Afrikaans en veeltaligheid, waaronder die Premierstoekenning van die Departement Kuns en Kultuur van die Oos-Kaap (2002), die Kokertoekenning van die Afrikaanse Taalraad (2014), die ATKV-oorkonde vir lewenslange bydrae tot Afrikaans (2015), en die Neville Alexander-eerbewys (2016). Sy is tans professor in Afrikaans aan die Universiteit van Fort Hare in Oos-Londen, waar sy in 2016 die visekanseliersprys vir Uitnemendheid in Leer en Onderrig ontvang.

Haar debuutbundel, In die afwesigheid van sin, verskyn in 2012 by Protea Boekhuis. In 2016 is haar daaropvolgende digbundel, Die aarde is ’n eierblou ark, op die kortlys vir ’n Woordveertjie.

In haar navorsing hou Smith haar veral besig met ’n ondersoek na ekokritiek en ekopoësie en die toepassing van hierdie teorieë op Afrikaanse literêre tekste.

 

Towards a distinctive Afrikaans ecocriticism: Analysing the poem series "werf" ("yard") in the poetry volume Mede-wete (2014) by Antjie Krog

Susan Smith Academic research 2022-04-04

"How does our local ecocriticism compare with international ecocriticism in terms of literary theory formation and international discourses? Most importantly: What would an Afrikaans ecocriticism look like?"

Op weg na ’n eiesoortige Afrikaanse ekokritiek: ’n Ontleding van die gedigreeks "werf" in die bundel Mede-wete (2014) van Antjie Krog

Susan Smith LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-04-04

"Wat is die stand van ekokritiek internasionaal? Hoe verskil onderskeie plekke se ekokritiese uitgangspunte van mekaar? En uiteindelik ook: Hoe sou ’n Afrikaanse ekokritiek daar uitsien?"

Literary cartography of place: a geocritical exploration of material imagination and emplaced writing in two garden poems

Susan Smith Academic research 2021-07-30

"Material imagination does not necessarily refer only to fictitiousness, to something which in material terms is non-existent, but also to an idea that humans are simply unable to understand spatial layers and their connections to society and the environment without imagination."

Literêre kartering van plek: ’n geokritiese ondersoek na materiële verbeelding en ingeplaaste skryf in twee “Tuinverse”

Susan Smith LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-07-30

"Die nuwe verwantskappe en interaksies tussen menslike liggaam (digter, leser) en niemenslike liggaam (boom, bankie, klip, tuin) word tot stand gebring deur ’n veelvuldige en gedifferensieerde wordingsproses waardeur werklikheid voortdurend geskep word, nie net deur die digter nie, maar ook deur die leesprosesse."

Afrikaans by die Universiteit van Fort Hare maak sy deure toe

Susan Smith Universiteitseminaar | University Seminar 2021-04-28

"Te midde van rou oor boeke en biblioteke, oor verlore taalgeskiedenisse en oor verlies aan taalvryheid skryf ek vandag my eie lykrede vir my beroep en vir my Afrikaans-departement."

burning bright

Susan Smith Poësie 2020-12-21

LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Susan Smith se gedig hier.

Elders gesien: Die ATKV groet Danny Titus

Susan Smith Elders gesien 2020-09-21

"Ons gaan jou mis dr Titus, en groet jou met groot respek en groot dankbaarheid vir die verskil wat jy gemaak het en die lewens wat jy geraak het."

Elders gesien: Gebruikersvriendelike lesse op WhatsApp

Susan Smith Elders gesien 2020-04-17

"Die afgelope tyd het ek, seker soos talle onderwysers en dosente, verskillende maniere beproef om aanlyn met my studente te werk."

Resensie: Skadu oor die sonwyser deur Kobus Lombard

Susan Smith Resensies 2015-07-13

"Die digter maak, soos in sy vorige drie bundels, gebruik van ’n sober, gestroopte aanslag. Die gedigte in hierdie bundel is eweneens deurlopend kort (soms net vier reëls) en is gestruktureer deur ’n kort daarstelling van ’n bepaalde beeld, opgevolg deur ’n fokus op die slotreël of -reëls waarin ’n verdieping of insig aangebied word."

Plek as liggaam en liggaam as plek. Tendense van die nuwe materialisme en interaksie tussen mens en plek in enkele tekste uit Verweerskrif (2006) van Antjie Krog

Susan Smith LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-05-14

In hierdie artikel word die plek as liggaam en liggaam as plek deur middel van ’n ekokritiese en die nuwe-materialisme-benadering verken aan die hand van gekose verse uit Antjie Krog se bundel Verweerskrif (2006).

Biebouw-resensie: Reisiger te perd deur Piet van Rooyen

Susan Smith 2014-10-29 "Plasing binne die wêreldletterkunde maak van die bundel ’n historiese dokument en ’n weerspieëling van sy tyd en van die persepsies van daardie tyd. En dit is hierin dat die grootste krag van die bundel geleë is."

Onderhoudend: Susan Smith

Susan Smith 2014-06-04 "Daar bestaan wêreldwyd ’n toenemende sensitiwiteit vir die omgewing, aangevuur deur waarskuwings oor die mens se invloed op ons planeet en sy hulpbronne en die reeds onomkeerbare vlakke van aardverwarming."

Ekokritiek en die nuwe materialisme: ’n Ondersoek na die nuwe materialisme in enkele gedigte van Johann Lodewyk Marais uit die bundel In die bloute (2012)

Susan Smith 2014-04-02 Wat is die teoretiese agtergrond van die nuwe materialisme en objekgeoriënteerde ontologie en hoe kan aspekte daarvan as ekokritiese leesstrategieë aangewend word? Susan Smith stel ondersoek in en pas dit toe op gedigte van Johann Lodewyk Marais uit sy bundel In die bloute (2012).

LitNet Akademies-leesgoed: Susan Smith

Susan Smith 2014-02-20 Susan Smith deel haar top leesgoed vir die afgelope jaar met LitNet Akademies.
Top