Susan Smith skryf op Facebook:
Die afgelope tyd het ek, seker soos talle onderwysers en dosente, verskillende maniere beproef om aanlyn met my studente te werk. Die UFH [Universiteit van Fort Hare] gebruik Blackboard as platform, maar nadat ek alle notas en dokumente daar opgelaai het, het ek tot die besef gekom dat talle studente steeds net hulle selfone het; nie almal het rekenaars nie; nie almal het internet nie.
Wat ek uitgewerk het, is dalk ou nuus vir julle, so vergewe my onkunde, maar miskien is daar iemand wat baat hierby vind.
Ek het van Microsoft PowerPoint gebruik gemaak om bondige skyfies te skep, waarby ek oudio (my stem) gevoeg het, dit omskep het in ’n video op PP en dit toe verklein het deur ’n gratis program sodat die videos klein genoeg is dat studente dit op WhatsApp kan oopmaak. Die studente vind dit baie gebruikersvriendelik en kan direk vanaf hulle selfone en met die meer volledige notas en handboek ’n geheelbeeld van hulle werk kry.
Hiermee dan ’n kort opsommings van hoe ek te werk gaan:
Skep PowerPoint dmv Microsoft PP
- Voeg oudio by die PP:
-
- Klik Slide Show
- Klik Record Slide Show (Maak seker dat jou rekenaar op beste kwaliteit Input gestel is)
- Skep PP video:
-
- Gaan na File (heel links)
- Klik op Export
- Klik Create Video
- Kies Internet Quality
- Klik Create Video
- Verklein video:
-
- Laai die program HandBrake af: https://handbrake.fr/
- Maak HandBrake oop
- Gaan na Open Source links bo
- Source Selection
- Kies die dokument (PP Video) wat jy wil verklein
- Klik Preset
- Kies Web
- Onder Web kies Discord Small (360)
- Klik Start Encode (groen knoppie bo-aan)
- Gaan na Save As en sit naam vir video in
- Die video sal gevind word onder jou rekenaar se Video’s-lêer
Nou is jou video klein genoeg om op WhatsApp gelaai te kan word.
Ek heg ’n inleidende video aan sodat julle ’n idee kan kry van die kwaliteit. Mens boet beslis kwaliteit in as jy die video verklein, maar dis steeds bruikbaar vir die studente.
- Susan Smith is ’n professor aan die Universiteit van Fort Hare.