Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Die stem
2020-10-12"Ek haat die een met die spraak,
die skril, dun iets, wat die digter niks
baat en die bully materiaal gee vir
’n grap en ’n kerfplek."
ligvoets lewe
2020-10-12"ek sou so graag wou
meer opreg leef in die hede
die heerlike hier en nou
met minder steur aan ou verbrou"
Die kolonel
2020-10-12"Vir twee dae sweet ons
meer as wat mens kan
onder Oupa die leier,
die kolonel, die man"
Bring vir my die nag
2020-10-12"Bring my die nag
met sy swart sluier helder hunkermaan
waar my vingers woorde soek
grensloos oor die taal van jou lyf"
Vlinderkind
2020-10-12"dat jy nie soos die rigiede norm
sal kan dartel van blom tot blom
maar jou nektar sal vind
deur windop te beur"
Winter
2020-10-12"Ma nou wat djy beslyt het
Om ’n niewe begin te maak
Is da niks wat ek kan doen
Om die storm te kalmeerie"
Simpel ploegperd
2020-10-06"Vandag onthou ek: naweke
op jou saal was ék die kind
met wie jy teen Helderberg galop
teen die spoed van die suidewind"
Hillbrow
2020-10-06"in ’n doolhof van granietgeboue
onder puin en menslike afval
skuil die doodsengel"
Saam in jou spelonk
2020-10-06"Of ons kan saam op ons rûe lê
op die bodem en
die nattigheid van die
eensame aarde
voel"
Deur die lens van ’n ander bril
2020-10-06"Deur die lens van ’n ander bril,
lyk ek sterk en mooi –
vreesloos vir die uitdagings wat die wêreld na my kant toe gooi"
Dapper vrou
2020-10-05"Steeds fluister Sy stem in my brose oor
koester die Lam my vodde vlees
omarm my Vader my honger, hunkerende hart"
Monumentjies in self-storage
2020-09-29"Die monumentjies van ons liefde vergader stof in self-storage,
my skat
mot en roes"
Kleintyd se onthou
2020-09-29"geen TV, internet of lastige fone
slegs ure se lag en gesels
onder die druiweprieel"
Vergifnis
2020-09-29"nou staan ek hier voor jóú loopgraaf
en strooi reuklose blomblare
hef dan in vergifnis aan …"
Nóg ’n kerkhof?
2020-09-23"Buite Santa Croce in Florence
verwelkom Italiaanse digkuns ons:
troon Commedia
se Dante"
Gehawende reënboog
2020-09-23"die son het vandag halfmas gehang
eenkant geskerf en gebroke
lê die spikkels van ’n donker"
