Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Circles in the sand 

Annemien Bauermeister New writing 2020-10-19

"Where do you come from, little one 
from the soil that births stone and cement 
endlessly perfect control 
souls searching for meaning."

Tussen vinne en vlerke

Louis du Plessis Poësie 2020-10-19

"Weet die swerms wat 
hoog bokant draai 
dat die visse verborge 
in hierdie baai 
elke drif, elke traan 
deel en verstaan?"

Transformasie

Sunelle Geyer Poësie 2020-10-16

"Die roos het vanself 
op my planeet verrys 
en al is die wêreld toegerank 
was hierdie kwaai ene 
na my verwys"

Eendag, vandag

Jerome Coetzee Poësie 2020-10-16

"Jy word deur die dag geloer, 
die mens is verbygaande. 
Die diepte van die pot eindig by die 
laaste honger kind se geskreeu." 

Koeksisterliefde

Driekie Grobler Poësie 2020-10-16

"ons lewe 
lê saamgevleg 
oor baie jare heen 
geknie, gebrei, gely 
deur ongenadige lewensloop" 

Belydenis oor my woorde

Jerome Coetzee Poësie 2020-10-14

"Ek leer woorde lieg 
Ek skryf die leuens 
Ek verwag nie dat julle 
Moet verstaan nie" 

Mondig

LitNet Poësie 2020-10-14

LitNet is 21 jaar oud. Met dié mylpaal in gedagte het digters vir ons verse geskryf. Lees die bydraes hier.

Lokval

Andries Fourie Poësie 2020-10-14

"In ’n konsentrasiekamp van weelde 
is my onheil toegedraai"

Midi, of iets gewen en iets verloor

Andries Bezuidenhout Poësie 2020-10-14

LitNet is 21 jaar oud. Gedagtig aan dié mylpaal het die webjoernaal, met die ondersteuning van die Hiemstra Trust, digters genader om verse vir ons te skryf. Hier is Andries Bezuidenhout aan die woord.

Albatros

Morné du Preez Poësie 2020-10-14

"Is jou stilsweef ’n sonopkoms 
’n geskakeerde refraksie 
in die eb en vloei van getye, 
van lewe en dood."

Poskantoor-tou (vir hernuwing van motorlisensies)

Jannie Pretorius Poësie 2020-10-14

"Eenduisend-vyfhonderd-ses-en-tagtig rand 
(betaal ek met vreugde, die kaartmasjien wérk); 
ek stap uit met drie nuwe skyfies 
en prys die Heer, die Poskantoor is ’n kerk"

Die stem

Jerome Coetzee Poësie 2020-10-12

"Ek haat die een met die spraak, 
die skril, dun iets, wat die digter niks 
baat en die bully materiaal gee vir 
’n grap en ’n kerfplek." 

ligvoets lewe

Desmond Gird Poësie 2020-10-12

"ek sou so graag wou 
meer opreg leef in die hede 
die heerlike hier en nou 
met minder steur aan ou verbrou" 

Die kolonel

Louis du Plessis Poësie 2020-10-12

"Vir twee dae sweet ons 
meer as wat mens kan 
onder Oupa die leier, 
die kolonel, die man"

Bring vir my die nag

Morné du Preez Poësie 2020-10-12

"Bring my die nag 
met sy swart sluier helder hunkermaan 
waar my vingers woorde soek 
grensloos oor die taal van jou lyf" 

Vlinderkind

Driekie Grobler Poësie 2020-10-12

"dat jy nie soos die rigiede norm 
sal kan dartel van blom tot blom 
maar jou nektar sal vind 
deur windop te beur"

Winter

Christo Meyer Poësie 2020-10-12

"Ma nou wat djy beslyt het
Om ’n niewe begin te maak 
Is da niks wat ek kan doen 
Om die storm te kalmeerie"

Simpel ploegperd 

Louis du Plessis Poësie 2020-10-06

"Vandag onthou ek: naweke 
op jou saal was ék die kind 
met wie jy teen Helderberg galop 
teen die spoed van die suidewind"

Hillbrow

Amanda Ahave De Meillon Poësie 2020-10-06

"in ’n doolhof van granietgeboue 
onder puin en menslike afval 
skuil die doodsengel" 

Saam in jou spelonk

Estelle Kruger Poësie 2020-10-06

"Of ons kan saam op ons rûe lê 
op die bodem en 
die nattigheid van die 
eensame aarde 
voel"

Top