
Foto: Canva.com
Die anderkantskemeruur
Dis hierdie uur
wat mens laat terugblaai
die heel laaste daguur
en wonder of jou dieptesoeke
ooit wortels kon skiet
het jy woorde geplant of geoes
dade gesaai of gemaai
was jy hier om te leef
of sonder stem net te beleef
dis hierdie uur
die anderkantskemeruur
wat mens met metafore moet omskryf
omdat jy met ’n skok besef
jou eenkantgee
het jou leeg laat bloei.


Kommentaar
Pragtige gedig
Pragtige woorde van een van die Riebeek-Vallei se voorste skrywers van gedigte.
Baie dankie, Driekie en Mark, ek waardeer julle kosbare komplimente opreg.