Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Mma Africa
2020-09-03"Jy hoort by ’n wêreldkongres –
hervormer, strateeg, raadgewer, planmaker, volharder."
’n Vers vir Pa
2020-08-31"Jou woorde smeer nie konfyt op geleende brood nie
Ons koskaste stel nie belang in sonnette en hul prys nie
Hongerpyne praat harder as goed-afgeronde strofes"
tranedal
2020-08-27"plaasgrond was hier met vreemde voet betree
onder flonkerende sterre speel dit af
sondes van die vaders word skunnig verspil
naby god se stilte"
Eva, ek hou van jou!
2020-08-27"Waaghalsig – dís hoe ek van Evas hou
want waar vrouevoete waag
word branders en woestyne
horisonne sonder einde"
Thomas Mann
2020-08-19"agter die lessenaar
in jou studeerkamer
die vergestalting van ’n eeu met ’n vulpen"
Kleur
2020-08-19"die maan het rooi gaan lê oor kimberley se gat
en ons het gedwaal in die spirale van die stad
nes die reëlmaat van jou ribbekas
note uit die savoy swart op jou weinig wit ivoor
’n dialek gemoduleer het"
Veerkrag
2020-08-19"in die uitgestrekte hemelsfeer
waar die grysgrou glinstermaan
my opraap in sy baan"
Feit
2020-08-19"ek mag ontvang ek mag verdryf
ek mág solank ek saggies is: beskeie soos ’n vyeblaar"
Twee gedigte deur Risha Lötter
2020-08-18"daar is dou in jou swye
in die gras van jou holtes ontbreek antwoorde"
Kaleidoskoop van ’n vriendskap
2020-08-18"Jy het my pelgrimspad in die labirint
met ’n mosaïek van kleur bestrooi soos vir ’n sterrekind"
Geblus
2020-08-14"omdat my môre soek is
sal voëls nie weer vir my klink
soos in my laaste goeie uur"
Ballade vir Joost se boetie
2020-08-14"Bedieninge-gemeente, waar die mense staan en sing
en dertig gemeentelede aan die Here hulde bring
het op Sondag, 26 Julie 2020, ’n makabere toneel
van skote en dood en bloed in die samekoms afgespeel."
Kampkerkhof
2020-08-06"Moeders wat siel gedood niks meer vra
as die doodsengel
uit haar arms kom haal"
o die genoegdoening
2020-08-05"o die genoegdoening
dat die ongedansde dans sal uitdans
dat alles en soms selfs te veel gesê word"
Wat wou
2020-08-05"daar was die agtermiddagradioprogram se arias
die sang van tenoor teenoor die sang van sopraan
om op te reken"
Geen bekendstelling nodig nie
2020-08-04"Vliegtuie hef liggaamsruimte op,
forseer intimiteit met vreemdes."
