
Foto: Canva.com
Ballingskap van die nagspook
starend stom
na haar hande
vol gisters –
(van hom)
braaksels van ’n tong
tussen verrotte-bitter-vermom
stukke van ’n menswees
tussen bloedbevlekte woorde –
terwyl sy verbergde jare-letsels
wreed klouter oor haar vel
en ’n gewete grynslag
op ’n ashoop met ’n naglig
terwyl die waarheid leegloop
oor haar siel se nagspoke


Kommentaar
Puik Melandi
Sjoe, mens voel die vernyn.
Ongelooflik! Mens kan VOEL hoe die wreedheid deur haar siel geweef is...
Dankie LitNet, dankbaar.
Dankie Anzé
Treffend verwoord
Waardeer jou kommentaar Driekie, dankie.
Mari Claase, ’n hartseer werklikheid vir mans ook.