Melandi Loots

Melandi is ’n kaalvoetkind van die Boesmanland en ’n deel van haar hart sal altyd aan die platteland behoort. Haar lewensreis is steeds haar plaaspad en sy skryf oor die papwiele en veldblomme van die lewe,  dit wat vir haar mooi is, dinge wat haar oog vang en dit wat gaan vassit in haar hart.

Weesmens

Melandi Loots Poësie 2022-01-24

"ek stap deur ’n huis 
waarvan die mure 
behang is met geraamde drome"

Ek wil vir jou nog ’n Kersfees skryf

Melandi Loots Poësie 2020-11-26

"ek wil weer vir jou my hart toedraai 
met Desember-papier 
vol foto’s en gisters van my en jou" 

Ballingskap van die nagspook

Melandi Loots Poësie 2020-11-16

"stukke van ’n menswees 
tussen bloedbevlekte woorde – 
terwyl sy verbergde jare-letsels 
wreed klouter oor haar vel" 

Onthou

Melandi Loots Poësie 2020-05-22

"Ons liefwees 
hang soos oomblik-bloeisels 
aan ’n Namakwalandse vrugteboom"

Top