
Foto: Canva.com
Ego
Die ego is nie ek nie,
die ego is ’n klug
Die ego blaas sy eie beuel,
en is soos rook in die lug
Wat ek is,
is veel dieper,
dieper as wat ek ooit sal kan besef
Ek kan nou met siele,
vir die eerste keer connect.
Jou ego is nie jy nie,
jou ego is ’n sensitiewe klip
Jou ego blaas sy eie beuel
en laat toe dat nonsens jou laat wip
Wat jy is, is veel dieper,
dieper as wat jy ooit sal kan besef
As jy jou hart net oopmaak,
sal jy met siele kan connect.
Kommentaar
Die ego is n klug !
verseker ja - o vrek en veral as jy in Stellenbosch bly!
Jana jy tokkel my hartsnare want jys dieper as n mens met talente meer as die sterre in die hemel ! Well done vriendin - SUPER TROTS OP JOU!!
Hierdie gedig raak my in so baie opsigte en hoe waar is dit nie! Jou gedigte is regtig besonders. Baie trots op jou!
Pragtige reaksie ....so na aan die waarheid XXX
Jy vat die waarheid van die ego op so kreatiewe manier vas!! Jou gedig spreek van baie menslike insig ...welgedaan Jana
Die ego is soos rook, maar ook soos klip, dis só mooi gesê. Ek hou ook van die ritme en progressie. ‘n Pragtige gedig!
Wyse woorde xx
Jou gedigte is super en so gemaklik op die oor.
Doen so voort Jana!
👍🏻👌🏻
👌👌
Met Ego laat jy ons as lesers dieper kyk in wat belangrik is - mag ons altyd connected wees met siele -en ons, ons ego die lug in blaas.
Met Ego laat jy ons as lesers dieper kyk - mag ons connected bly met siele en ons ons ego die lug in blaas.
Treffend
Wens al die ego's wil gaan lê sodat ons weer almal mekaar in n nuwe vars oog kan sien
So waar....mag my ego NIE sy eie beuel blaas nie! Dankie vir 'n vriendin soos Jana wat my laat voel dat wat ek is, is genoeg! Die mooiste gedig!
Dankie Jana dit is pragtig.
Hoe meer oop die hart ..... hoe stiller die ego!
Eenvoudig maar tog ook baie diepte agter die woorde, baie mooi en waar.
Well done Jana!!
Hou jou inkpot vol en potlood skerp! Sien uit na meer!!
Puik gedig, Jana! Mooi beelde en slim struktuur. Ai, as ons die ego net kan "right-size" sal ons op sielsvlak kan connect, soos jy sê.
Getuig van sensitiewe waarneming en diep insig. Mimimalistiese woordgebruik, maar sê tog so baie. Goed gedoen Jana!