Jana Claase

Jana Claase

Jana Claase is in 1984 in Kaapstad gebore en het haar eerste jare in die Kaap en Namibië deurgebring. Op agtjarige ouderdom het haar gesin Paarl toe verhuis. Sy het in 2002 aan die Hoër Meisieskool Paarl matrikuleer. In 2005 het Jana haar BDram-graad aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy het kort daarna ’n Advanced Diploma in Acting for Camera by City Varsity ontvang. Na haar studies het Jana vryskutwerk as aktrise in die film- en televisiebedryf gedoen. In 2007 het sy ’n private dramapos by Laerskool Jan van Riebeeck in Kaapstad ontvang (2007–2018). Sy het in 2009 ’n kinder-talentagentskap, Kido Agency, oopgemaak. Jana het as klein dogtertjie haar verbeelding uitgeleef deur haar opgemaakte stories vir haar niggies te vertel, en die woorde wat in haar kop opgekom het, het sy saans vir haar sussie in die bed gesing. Jana woon saam met haar man, Eugene, en hulle drie kinders, Nina, Ben en JanJan, in Stellenbosch. Haar besigheid en kinders hou haar baie besig, maar te danke aan “meer tyd” tydens COVID-19 kon sy haar passie uitleef deur meer gereeld te skryf.

  • Foto: verskaf

Ego

Jana Claase Poësie 2020-11-16

"Wat ek is, 
is veel dieper, 
dieper as wat ek ooit sal kan besef 
Ek kan nou met siele, 
vir die eerste keer connect."

Lewe 

Jana Claase Poësie 2020-11-11

"Jy kan nie die DJ se playlist kies nie; 
maar jy kan wel kies 
hoe jy op al sy verskillende liedjies dans"

Top