Lewe 

  • 16

Foto: Canva.com

Lewe 

Die lewe is ’n playlist

Partykeer is die liedjies lieflik en laf 
Jy voel lekker, spring op en af 
Ander kere weer verskriklik, rou en arm 
Hartseer klanke wat in jou kop weergalm.

Die lewe is soms op; 
En soms is dit af 
Jy sit en luister in die son met ’n fancy dop; 
môre gooi die woorde jou weer diep in jou graf

Jy hoor die voëltjies fluit, jy dans tussen die blomme 
Dan hoor jy trane spuit – 
tussen gille en vreeslike bomme

Die lewe is soms ’n liefdeslied vol vreugde en prag 
Soms ’n hartseerlied; die verlange na innerlike krag 
Soms ’n lied van hoop, geloof 
en soms ’n donkerlied van hoop wat doodgegaan het 

Jy kan nie die DJ se playlist kies nie; 
maar jy kan wel kies 
hoe jy op al sy verskillende liedjies dans

Die lewe is ’n playlist

  • 16

Kommentaar

  • Die sterk kontraste van LEWE is baie treffend gestel ! Die donker kant van elke vers se woordkeuse veral tref in die kol en beiindruk....
    'n Gedig van hoop en keuse....

  • Marianna Oosthuizen

    So waar hoe ‘Lewe’ ons eie lewe uitspel... knap gedaan! Mag ons nog baie uit jou pen hoor!

  • Diep treffende gedig waarmee enige iemand hule kan vereenselwig. In jou gedagtes kan jy jou eie lewe sien met alle emosies rondom dit en dan die pragtige opsomming dat jy jou eie playlist kan kies!
    Ons hoop om nig baie van jou te hoor Jana

  • Louise Van Rooyen

    Goeie kontrastering van lig en donker. Ek hou van die tong-in-die-kies humor, dit balanseer die gedig baie mooi. Sien uit na nog van jou kunswerke, Jana!

  • Minda Pretorius

    Wow! Getuig van 'n fyn waarneming en sensitiewe bewustheid. Ek wil nog van jou lees, Jana.

  • Wat 'n besonderse gedig! Om te kies hoe ons op die lewe se playlist Dans ... wow ek is n groot fan van jou skryfwerk!

  • Mathilda Terblanche

    Dit is soos jy sê... die lewe is 'n playlist en die keuse tussen lag en seer, mag die lewe vir jou 'n lied wees waarop jy heeldag wil dans.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top