omvorming

  • 3

Foto: Canva.com

omvorming

as aardsgebonde antropoïed 
is ons skaars 
minder of meer as ’n wringende wurm  wat begeer 
om na dese in ’n skoenlapper te transformeer 
en hoop ons sonder maat of perke 
die liefde-beklede merke 
op kleurvolle 
flappende 
vlerke 
wys net goeie en nie 
slegte werke sodat ons dan 
liggewig en skotvry vlerke hartwyd 
uit kan sprei en op hemelbriese dag na dag fladder 
in sonskyn   
engelsag

  • 3

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top