Desmond Gird

Desmond Gird is ’n afgetrede internasionale-handel-bestuurder wat vir bykans vier dekades by ’n oliemaatskappy werksaam was. Hy het ’n regskwalifikasie en die vernaamste skryfwerk wat hy verewig het, is ’n menigte kontrakte wat hy wêreldwyd in die loop van onderhandelings gesluit het.

Desmond het wye belangstellings en beoefen ’n verskeidenheid sportsoorte en ontspanningsaktiwiteite, insluitend tennis, fietsry en stap. Hy is lief vir reis, plaaslik en oorsee. Hy het die Portuguese Camino in 2018 voltooi en die Franse Camino in 2019.

Hierdie reiservarings asook die COVID-19-pandemie het daartoe bygedra dat hy gedigte begin skryf het. As betreklik onlangse beginner het hy nog nie iets gepubliseer nie.

  • Foto: verskaf

De-ossifying love

Desmond Gird New writing 2023-07-27

"before our love ossifies
withering unrequited unfulfilled
I will steal your heart truly
once more
committing like never before"

Luiperdspronge

Desmond Gird Poësie 2023-06-15

"maar waggelaar
moenie dag na dag daar vertoef
daai speelplek raak ’n tronk
struikel strompel eerder voet vir voet
na ver buite waar nuwe avonture wag"

as mens

Desmond Gird Poësie 2022-06-11

"as mens te lank daar vertoef
raak ’n vyfsterhotel ’n tronk
enigste verskil tussen graf en groef
is diepte onder die grond"

encantar

Desmond Gird Poësie 2022-02-10

                     "dolleeg gestroopte reis
                  harde hel sonder bekoring
                  maar met ’n hart verower
                    word die pad omtowe"

wearied angels

Desmond Gird New writing 2021-03-03

"I see salt and smoked paprika; 
people content with their fortune, 
genuine, kind and unpretentious, 
like the pot of vegetable soup" 

landuit

Desmond Gird Poësie 2020-12-22

"landuit koebaai sê vir goeie pêlle 
bly maar ’n diep, rou, hartseer ding 
land in, sou ons julle terug wou bring; 
al die nabye geliefdes voel dieselfde"

camino journey

Desmond Gird New writing 2020-12-17

"this perhaps a glorious destiny 
scattered stardust in an infinite Salty Sea"

omvorming

Desmond Gird Poësie 2020-11-19

"minder of meer as ’n wringende wurm  wat begeer 
om na dese in ’n skoenlapper te transformeer"

Villanelle-skildery

Desmond Gird Poësie 2020-10-29

"ek wou die doek eers spierwit hou 
as ek dink aan jou lewe eerbaar, rein; 
my lief, ek skilder ’n gedig net vir jou"

ligvoets lewe

Desmond Gird Poësie 2020-10-12

"ek sou so graag wou 
meer opreg leef in die hede 
die heerlike hier en nou 
met minder steur aan ou verbrou" 

Top