
Foto: Canva.com
landuit
landuit koebaai sê vir goeie pêlle
bly maar ’n diep, rou, hartseer ding
land in, sou ons julle terug wou bring;
al die nabye geliefdes voel dieselfde
maar jul paadjie het elders gelei,
na waarheen Sy liefde julle stuur;
na jul eie bestemde groot avontuur;
na waar die mooiste drome soet kan gedy
genoop om ’n klompie kwatryne te skryf
word net die omarmde rympatroon gebruik:
vriendskapsimbool wat verryk en ver reik,
beskermend omhels, arm om die lyf
julle vriendekring is gebou om te hou;
wanneer julle hunker na geliefdes baie ver
soek dan die Suiderkruis se helderste ster
om feestelike vleisbraaikuiers te onthou
mooi loop en woeker met al julle kanse;
weet vir seker julle dra ons seëngebede
vir oorlopensvol vreugde en vrede
onthou net: julle bly ons dam se ganse!
Kommentaar
Pragtig!! So mooi gesê en so waar.
Lieflik, ek lees dit graag vir my gr 2 kind ...