
Foto: Canva.com
as mens
as mens te lank daar vertoef
raak ’n vyfsterhotel ’n tronk
enigste verskil tussen graf en groef
is diepte onder die grond
as mens te lank daar vertoef
as mens heeldag kerm en kla
in stede van jou seëninge tel
verspil mens jou reeds te min dae
beheer situasie jou hemel of hel
as mens heeldag kerm en kla
as mens braaf klou aan hier en nou
floreer jy in taai omstandighede
kan mens jou geluk op goeie keuses bou
wroeg jy minder oor onsekerhede
as mens braaf klou aan hier en nou


Kommentaar
Dit is so waar, mens se keuses in die lewe sê baie.