
Foto: Canva.com
doringdraad
soos
oop velde langs vergete paaie
uitgemeet, afgebaken
met doringdraad
aan windskeef houtlatte
(die metaaldorings …’n skrale troos)
lê
hartsvlaktes stom-verlate
uitgemeet, afgebaken
met brose hartsnare
aan verrinneweerde sielslatte
(die gemoedstorings … helaas … eindeloos)


Kommentaar
Baie dankie vir die publikasie van my gedig!
Puik gedig. Elmarie.
Pragtig verwoord.