Elmarie Van Kampen

Ek was vir 18 jaar werksaam by ’n pre-primêre skool. Ek onderrig tans kleuters met spesiale akademiese behoeftes. ’n Aantal van my gedigte is opgeneem in gesamentlike digbundels. Ek was ’n mede-outeur van twee Christelike dagstukbundels in 2017 en 2019. Verder het ek ook gepubliseerde tydskrifartikels in drie bekende tydskrifte. Ek is ’n lid van INK: Skryf in Afrikaans en neem deel aan hul maandprojekte.

adieu

Elmarie Van Kampen Poësie 2021-11-11

"toe ek wil teruggaan op my spoor 
jou menswees herontdek en weer bemin 
het ek jou reeds verloor 
jy het bome geplant waar ek wou reis"

voetspoor

Elmarie Van Kampen Poësie 2021-02-18

"ek het jou voetspoor gevolg 
gehoorsaam getrou gedwee 
tree vir tree"

doringdraad

Elmarie Van Kampen Poësie 2020-11-19

"hartsvlaktes stom-verlate 
uitgemeet, afgebaken 
met brose hartsnare 
aan verrinneweerde sielslatte" 

Top