
Foto: Canva.com
voetspoor
ek het jou voetspoor gevolg
gehoorsaam getrou gedwee
tree vir tree
die dwaalweë, afdraaipaadjies
en cul-de-sacs
kan ek jou straks
ná oorweging vergeef
dat ek kaalvoet
– en koud –
deur duwweltjies moes stap
nóóit solank ek leef

