Darkness

  • 5

Foto: Canva.com

Darkness

As iemand my moes vra: 
“Wat is jou assosiasie met die donkerte?” 
sou my antwoord beleefd en hoflik wees – 

Darkness is something that reminds me of
a fierce and feisty woman 
Her looks are often mistaken for what’s inside

Soos ’n uitgebrande kers, 
is dit hier waar die gewas van pretensie 
oor my warm lyf spoel, 
want my masker is af

In haar teenwoordigheid is ek op my gemak, 
want dit is ’n plek waar meeste mense 
hulself nooit wil bevind

Sy verblind my vir die buitenste en 
bied ’n geleentheid om die binnekant 
naak te konfronteer 
Haar bemoedigende oë dwing my om 
ontslae te raak van oorkoepelende emosies 
En dan vang haar glashouers die snot en trane op 
bêre dit en bewaar die woorde van my hart

  • 5

Kommentaar

  • Baie goed geskryf, Eldine. Ek hou self daarvan om norme op hulle kop te draai, maar het nog nooit aan die donker gedink om so te beskryf word nie. Love dit!

  • Leona Conradie

    Soveel emosie, en daarby die goeie gebruik van taal om ’n sekere beeld navore te bring! Amazing 👌🙌

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top