Eldine Gous is ’n tweedejaar-maatskaplikewerkstudent aan die Universiteit Stellenbosch. Sy glo in die potensiaal van mense om te groei en te verander; en sy is dankbaar vir die geleentheid om in ’n posisie te wees waar mense bemagtig en bevorder word.
Sy het onlangs ’n reeks, Met of sonder ’n pa, vrygestel. Drie ongelooflike persone deel hul reis oor hoe hulle met of sonder ’n pa grootgeword het. Die fokus was om aan jongmense, ouers en selfs toekomstige ouers die geleentheid te bied om erkenning te gee aan die belangrike rol wat vaders vervul. Te veel kinders word groot sonder ’n vader en die leemte wat die afwesigheid laat, is verbysterend.
Haar skryfwerk is vir almal, jonk en oud, en handel oor die soet en bitter van die lewe.