Ek onthou
Ek onthou hoe my hart teen my ribbes hamer
Die dag toe jy jou verskyning maak
Die wolke was met sy appelkooskleurige gordyne toegetrek,
terwyl hulle in alle prag onderonsies met mekaar voer
Ek onthou
Onthou hoe jou sweterige hande in myne vou
Die krag in daai samesyn was ’n herinnering dat jy daar sal wees;
Vir altyd
Die sluise van die hemel was oopgesluit
Ons harte het op dieselfde deuntjie gedans,
terwyl wolke huil
en dit was ’n belofte
dat gebed krag dra,
want wanneer gebede opgaan,
stroom God’s seëninge af
Kommentaar
Wat 'n wonderlike stuk. Hou so aan!