Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

eers liefde, dan gedigte

Merwe Nel Poësie 2020-07-29

"die tyd het nou gekom, vir die een wat homself
nog heeltyd vermom, die een wat al die idees het,
die een wat Afrikaanse woorde uit die berg laat kom"

karoo-reis

Carel Anthonissen Poësie 2020-07-29

"’n mens moet dikwels ver en
gly-gly reis om grond te vat en
huis te haal"

Twee gedigte deur Ize Ster

Ize Ster Poësie 2020-07-23

"Soms as ek 
in stroef falset lipsing,
huigel die stom note
hol in my ore."

Sterrenag

Jannie Pretorius Poësie 2020-07-21

"sê my, Vincent, wéét jy dalk dat Sterrenag nou een van die mees ikoniese skilderye is"

Villanelle

Margaret Cordier Poësie 2020-07-21

"met ’n vlugveer van ’n swaan in rou
wil ek vir jou sinne streep
op perkamente wat ewig hou"

Verpulpte siel

Anzé Bezuidenhout Poësie 2020-07-20

"wrede vingers skiet snellers
laat slegs die blou van delft"

Nyanga-duiwel

Therin Pretorius Poësie 2020-07-20

"minder as minste 
is die jambe van ’n digtersvoet 
op die metrum van ’n amfibrag gestort"

Ons klein planeet

Hennie Smith Poësie 2020-07-16

"Ons klein blouerige planeet
swaai in sy baan
gravitasie-gekoppel
óm die helder son"

werf, landerye: Rûens

Waldemar Gouws Poësie 2020-07-16

"want stap jy hierlangs
kyk Kiewiete jou koel deur:
sit dan hoog keel op"

Marionet

Louis du Plessis Poësie 2020-07-16

"As die aandskemer inkruip
gee die knieë las
trap die bene onvas
word woorde lomp
die geheue stomp"

Golgota

Amanda Ahave De Meillon Poësie 2020-07-08

"terwyl die reuk van dood
aan drie houtkruise hang
sak die nag soos ’n roukleed neer"

Godswonder

Ernst Fernando Dos Santos Poësie 2020-07-08

"donkerblink
die lense in jou oë,
ragfyn jou vlerke
bolrond en ligblou"

Ek droom nog

Deon Swanepoel Poësie 2020-07-08

"in my jeug was die bome se groen anders,
die son het lig en spatsels donkergroen
oor die blare geverf met ’n kunstenaarskwas"

Lugkastele

Estelle Kruger Poësie 2020-07-03

"Swierige kleuredos
tooi my wêreld
met stapels van
ander koninkryke"

sonke

Jannie Pretorius Poësie 2020-07-02

"rooi is die lug en purperrooi die see
met haar wang in die sand
lê mevrou Viljee
rooi is die lug en skarlaken die see"

Fynskrif

Berdéhan Brand Poësie 2020-07-02

"Pa het niks geweet van copy en paste nie:
van sy paternoster
tot gannabos en kokerwoud
was hy bloot ’n kompas"

Twee gedigte deur Jacobus Swart

Jacobus Swart Poësie 2020-06-30

"in die tempel vir die Aten
 jou hande priesterlik omhoog uitgesteek
na die Moederster
biddend"

Ars Poetica

Jacobus Swart Poësie 2020-06-28

"aan die einde van die versreël
met die vingers van twee hande
die woord gebreek"

Winterson

Ize Ster Poësie 2020-06-28

"Ek weet van hierdie seisoen
die leed waarmee sy dreig
en die guur bedugtheid,
versluier in jou toegevoude lyf."

My vrye wil

Louis du Plessis Poësie 2020-06-24

"Hoe volkome buig
my brein en lot
heelal
voor jóú gebod"

Top