
Foto: Canva.com
Leë beloftes
Warm toegewoel
op ’n laslappiestoel
het ek deur geslote luike
(deur mistige koue)
wat my wou-wou omvou
na die flambojant gestaar
wat sy takke daarbuite
so ietwat astrant
teen my skoon ruite skraap;
terwyl dit op die monotoniese gesuis
van ’n koggelwind
wat fluister-sing van reën
soos oumanslitte kraak.
Maar, net soos die wind gekom het
het sy haar rug weer gedraai
om wolke vol beloftes
die dorre randjies in te waai;
tot waar dit leweloos
oor die klipheuwels hang
en ek hier deur my venster
net die laaste asem daarvan vang.


Kommentaar
LitNet: Baie dankie vir die plasing, ek waardeer dit opreg.
Puik gedig Loretta
Dit regtig baie mooi, veral die laaste strofe.
Digkuns, wow!
Baie mooi gedig