
Foto: Pixabay.com
As bikers brood breek
My pa het ons geleer dat geen ordentlike vrou agter op ’n motorfiets klim nie en hy was selde of ooit verkeerd oor lewensgoed. Behalwe dié keer ...
Liewe Pa, ek dink ek het geleer vlieg.
Uiteindelik. Nét hiér, op aarde.
Sonder ’n besem of vliegtuig.
Jy was verkeerd oor bikers, Pa.
Ek kon nêrens die hell in die angels vind nie
en van ducktails was daar geen spoor nie.
Net mense wat mekaar respekteer
en die reëls van die pad noukeurig volg.
Jy sien, Pa, as bikers brood breek
los hulle nie krummels op die vloer nie.
Nee, hulle laat val genoeg vir dié wat honger is vir vriendskap,
hul plant wit kruise vir plaasmoorde
en koester die lewe.
Vroegoggend beleef hulle die dou,
vang hul die son uit die wolke
en ruik die lemoenbloeisels
op uit die vars aarde.
Agter leerbaadjies en kragtige enjins
klop harte van goud.
Want bikers breek brood nes nagmaal.
Daar is sin in die wings en die angels.
En hulle leer jou hoe om te vlieg.
Nét hier op aarde.


Kommentaar
Netjies & raak!
Baie raak en mooi gestel.
Blerrie mooi gedoen
Weet jy hoeveel beteken jou skrywe vir my. Ek en my man het ons eerste "bike" gekoop. Ons leerbaaidjies en kopdoppe lê gereed vir ons eerste groot "run".
Ek hou baie van die inhoud!!Welgedaan!
Baie dankie. Op 50 het ek geleer vlieg. Uiteindelik...