Pop

  • 7

Foto: Canva.com

Pop

sy kom huil by my 
sy het in ’n wynvat verval 
sy sê dat sy so useless voel 
die kos wat sy maak is nie na smaak nie

sy lyk nie na wense nie 
sy het nie groot boobs om aan te suig nie 
sy is koud en kil en ’n ysberg innie kooi 
dis alles haar skuld

want sy het hom sovele kere betrap 
waar hy swymelend in eie hand 
kom en kom terwyl hy na siellose 
pornografie staar

haar lyf kan nie doen wat die poppe doen 
met hul leë, I don’t care anymore oë nie 
haar lyf is reality, sonder dwelms 
nou lê sy verslaan in die moer van die wynvat

  • 7

Kommentaar

  • Louis du Plessis

    Hoe hartseer is hierdie verval "in die moer van die wynvat". Maar hoe gevoelvol, aandoenlik, ontroerend beeld jy dit uit, Amanda!

  • Spaarsamig soos 'n Toulouse-Lautrec skets word die seermaak van verslawing uitgebeeld: Pop met leë oë en lyf vol dwelms, hy verknog aan pornografie en sy verval in wynvat. Amanda, jy het die essensie van 'n plaag reguit en oortuigend geskets. Welgedaan!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top