Veiligheidspersoneel
2019-09-26"Daar is altyd drie persone in so ’n voertuig, die bestuurder, ’n wag en die 'runner.' Hulle is almal bewapen. Die bestuurder het opdrag om altyd só te parkeer dat hy maklik kan wegjaag, sou daar ’n aanval kom. Die enjin moet die hele tyd luier. Die geld is die belangrikste, word hulle aangesê. Die wag klim dan uit en moet die 'runner' oppas en beskerm terwyl hy die geldkiste uithaal en indra. So ook die heeltyd binne en wanneer hy weer uitkom."
