Brendin Horner

  • 6

Foto: Canva.com

Brendin Horner

vir Bredin Horner

Skuins voor middernag,
in die kant van die huis se dak,
bokant my kamervenster sit Nonnetjiesuil 
en huil haar hart uit. 

Onder by die kombuisdeur se “Welkom-sê”-matjie
staan Muis op haar agterbene, en vryf haar 
voorvoete teen mekaar, soos bid.

In die agterjaart staan die geblomde perskeboom,
en sowaar is daar ’n traan in haar oog, dis volmaan.

Die tamboekiegrasse wieg stadig heen en weer in die wind,
net soos mense wat staan en rou oor 
die dood van ’n geliefde.

In my bed rol ek alle kante toe
en roep na die naam van die seun van Paul-Roux ... 
“Toemaar slaap nou. Rus nou, huil as jy wil” sê my engel,
want ons sal daardie seun 
in onse boesems vashou … rus nou maar.

  • 6

Kommentaar

  • Louise van der Merwe

    Hierdie woorde gee ook my gevoelens weer; laat my hart bloei vir 'n jong lewe wat weggeruk is!

  • Nico Schamrel

    Besonderse woorde, Stanley. Dankie vir die werk wat jy skryf en dit wat jy doen vir ons land en sy mense.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top