Stanley Cierenberg

As wêreldreisiger het Stanley mense en plekke bestudeer. Hy het vir amper 10 jaar op skepe gewerk en gedurende hierdie tyd materiaal bymekaargemaak om sy stories deur middel van woorde en foto's aan die wêreld te vertel.

Vir 4 jaar het hy in Hondeklipbaai, ’n klein dorpie op die Namakwalandse weskus, in afsondering gaan bly. Daar het hy ’n wonderlike mens ontmoet wat hom baie van Namakwaland en die Weskus geleer het. Omdat hy in afsondering was, het hy begin stories skryf. Waar of onwaar, sy stories raak mense se harte.

Tans woon hy in Johannesburg en werk as vryskutskrywer, -kunstenaar en -fotograaf, maar bowenal is hy ’n storieverteller.

Die hark

Stanley Cierenberg Poësie 2024-01-24

"Die haasbekkie-spoortjies van die hark lê netjies in
Sirkels al op die werf, verby die hoenderhok tot onder die
Ou eikeboom."

Die besoek

Stanley Cierenberg Poësie 2023-11-16

"'Nee wat, dit gaan maar aan,' praat die man.
'Dinge gaan gou verander, jy sal sien,' sê ek."

Mediteer

Stanley Cierenberg Poësie 2023-06-29

"In stilte vind ek vrede se wêreld,
meditasie neem my in sy greep."

Somer

Stanley Cierenberg Poësie 2022-11-17

"Ek trek die somer soos
’n groot, ligte katoenhemp aan"

’n Gebed en die wasmasjien

Stanley Cierenberg Fiksie 2022-11-10

"Ek kyk na haar, dan na die twee wasmasjiene en lag.
 'Jy moenie lag nie, dis waar.'
'Is waar, Ousus, ons mense moet tog leer om reg te bid. Dinge kan soveel beter wees.'"

Die familie

Stanley Cierenberg Poësie 2020-11-04

"Toe huil ek en hy saam, 
so sonder woorde, net 
met nat oë." 

Brendin Horner

Stanley Cierenberg Poësie 2020-10-29

"Die tamboekiegrasse wieg stadig heen en weer in die wind,
net soos mense wat staan en rou oor 
die dood van ’n geliefde."

Die koms van die dominee

Stanley Cierenberg Fiksie 2020-03-31

"Dit was daardie Woensdag toe al die vrouens in die dorp hare wou kom doen het. Tot dié wat nie eens genoeg hare gehad het om te doen nie, het sommer net gekom vir ’n shampoo en rinse. Want sien, ek kom toe te hore dat die dorp ’n nuwe dominee gaan kry." 

Oom Boek Joons

Stanley Cierenberg Fiksie 2020-02-10

"Ek maak die dekseltjie van die kissie oop en haal ’n potlood uit. Dit ruik na hout, lood, boek en tabak. Ek gaan sit plat op die vloer en gebruik die houtkissie as ’n tafeltjie en begin skryf."

Fay se bekering (Deel 2)

Stanley Cierenberg Fiksie 2020-01-28

“Dis die tuin van Eden. Dis die plek van vrede. Dis waar die mens se siel stil word.”

Fay se bekering (Deel 1)

Stanley Cierenberg Fiksie 2020-01-21

“Ons almal het al probeer om haar in die kerk te kry, maar sy skop vas ...”

Die kaal nagmaal

Stanley Cierenberg Poësie 2019-12-17

“daai is soos Bybelkos –
dis soos ’n kaalvoet nagmaal, dis familie.”

Die Joons-kinners

Stanley Cierenberg Fiksie 2019-12-16

“Toe begin Rudolph pakkies met neute vir die juffrou aandra. So een of twee keer ’n week. Nogal toegedraai in ’n mooi sakkie en toegebind met ’n gekleurde lint. Die juffrou kon sien dit was ou linte wat seker van laasjaar se kersgeskenkies af kom, maar sy het nie omgegee nie. Dis die gedagte wat tel.”

Bazil en die bazaar

Stanley Cierenberg Fiksie 2019-12-09

“So vra Ella Verwey die dag tydens ’n bybelstudie, hoe kook Bazil dan nou nog appelkooskonfyt al is dit winter? Hier is nie ’n appelkoos van ’n dag oud nie.”

Die huis

Stanley Cierenberg Fiksie 2019-11-06

“‘Ons is Rhodes, Totius en Kruger,’ hoor ek die gang praat. ‘Hulle het ons verniel, maar ons gaan bly staan. Vryf ons net ’n klein bietjie blink.’"

Top