(Die Matheka-pan)
Die geweldige verlang na jou lê tussen die
uie, tamaties en worsies in ons braaipan.
Tussen die afknyp van klossies brood en
daardie doop in die tamatie- en uiesous,
tussen die afbreek van ’n stukkie wors en die
aangee van die loaf brood, daai is soos Bybelkos –
dis soos ’n kaalvoet nagmaal, dis familie.
So met die vierdie afbreek en doop, praat
Predikant Des en hy leer vir my ’n groot les …
“Daar is ’n manier van met die hande eet. Die
smaak van die kos kom uit die vingers uit”…
Toe weet ek dat ek tuis is.
Lees ook