<my eie nasie>
Die vaal-vinke kruip tussen die rooi-lissie-bottle-brush-bloeisels weg.
Net om daar sy eie nasie te bou
Die rooi-pit-granaat skiet sy bloedrooi pitte uit teen rypwordtyd
Net om daar hulle eie nasie te bou.
Die wynmaker stap deur die rooi-druif-trosse, pluk hier en daar ’n korrel
Net om sy eie druiwe-nasie te bou.
Iemand skiet die vaal-vink met ’n kettie (jou wetter)
’n barbaar gooi die granaat op ’n plaasgesin (jou etter)
Iemand versuip die wynmaker in sy eie bloed (jou werfetter)
Ek is my eie nasie en die antie in die pofkappie is my alles.



Kommentaar
Sjoe Stanley, harde, koue, naakte waarheid baie goed hier gepen!!