Die hark
Teen die ou huis se muur staan ’n kromrugsteel-hark,
Dis agtermiddag en die werf lê netjies in sy eie spoortjies
Spoortjies van ’n kromrugsteel-hark se tandjies,
Dalk nog een of twee van die tandjies uit van jare se gebruik.
Kromrugsteel-hark kyk vir my, ek kyk vir hom en hy smile.
Die haasbekkie-spoortjies van die hark lê netjies in
Sirkels al op die werf, verby die hoenderhok tot onder die
Ou eikeboom.
Ons almal is mooi, al trek onse rug krom en ’n tand of twee val uit.
Die mooi lê in die spore wat ons trap.
Kommentaar
So pragtig!
'n Mens sien alles duidelik en die toepassing oortuig. Wonder of dit nie effens te veel neig na (goeie) prosa nie.