
Foto: Canva.com
Transformasie
Die roos het vanself
op my planeet verrys
en al is die wêreld toegerank
was hierdie kwaai ene
na my verwys
So het dit op my planeet gegaan
tot die son laatmiddag deur my venster val
en sy woorde oor dekolonialiteit
begin dans in die lig se baan
’n straletroos:
my student is die prinsie
sy professor die roos

