21st key

  • 0

I’ve got the keys the world yea, oh suicidal world
I’ve got the keys the world yea, whatcha gonna do when we get there?
- Richard Ashcroft, “Keys to the world”

My suste drai twenty-one oppe wieksdag
met niks behalwe ’n 21st key
watte uncle geskenk it.
Ôs plan al heel jaa virrie dag.
Nie die celebration ie, hoe ôsie blow gan vat.
Is kak om starving te wies oppie
een-en-twinnagste van ienagge iets,
wan jy wiet is nog vyf dae van dié wat voolê
of vyf jaa.
En as nieman wêkie kan it nog langer wies.
It might ve’iewag soe wies.
My suste issie eeste ennie mooiste
van my ma se kinnes.
Haa oë het eeste oepgegan.
Is sy wat vi ôs geleer it die wêreld is
wyer as wat ôs gelee was.
Is sy wattie eeste droeme gedroem et.
Is sy wie eeste besef et ôs groei op inne tronk.
Is sy wie eeste ’n escape beplan et
en sy wie eeste opgegie et.

 

Lees al die Mondig-gedigte hier:

Mondig

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top