Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Ode aan ons liefde
2020-12-10"Jare gelede het ons
ons name
in twee harte oor mekaar
op ’n akkerboomstam
uitgekerf;"
Fees vir die aasvreters
2020-12-10"ongenooid kom neem hul plaas
aan die tafel van my gemoed
maak hul ongevraagd tuis"
rooimierwoorde
2020-12-10"jou letters word karakters in ’n vreemde taal
dit verwar my eens korrekte linkerbrein
letters en woorde word syfers wat nie klop nie
hoe maak ek sin uit hierdie hope krabbellyne?"
bergvergadering
2020-12-08LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Pieter Odendaal se gedig hier.
Troebadoer-swerwerskind
2020-12-03"waar die golwe teen die rotse klots
het my paadjie weer gedraai
my spore trap diep deur Beaufort-Wes
ek verloor my siel in Namakwaland"
Klaaglied van ’n houtstoel
2020-12-03"Al het ’n blom ’n kelk en steel
bly ’n blom ’n blom;
al het jy die hoek en ek die tee
is dit tog waar meester sy tyd bestee!"
Uit Ouma se fotoalbum (vir Ingrid)
2020-12-03"maar toe onthou het
Ouma was die digter
en jy
dalk net
die gedig"
Shakespeare, sonnet #21
2020-11-30LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Loftus Marais se gedig hier.
Saluut aan Eugène Marais
2020-11-26"Uit die genepoel
van die Afrikanerdom
het jy gekom
geniale profeet
wat die woord
sou meet"
Ek wil vir jou nog ’n Kersfees skryf
2020-11-26"ek wil weer vir jou my hart toedraai
met Desember-papier
vol foto’s en gisters van my en jou"
Bosveldbederf
2020-11-26"wanneer die storm uitgewoed is
en bosloeries hul danklied aanhef
eggo dit gul deur die kampwerf"
My sonskyn
2020-11-26"Jy’s die odeur van die veld
ná die eerste lentereën;
die donder wat ’n storm
soos ’n slagorkes laat dreun."
kortstondig word jy mondig
2020-11-25LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Fanie Olivier se gedig hier.
doringdraad
2020-11-19"hartsvlaktes stom-verlate
uitgemeet, afgebaken
met brose hartsnare
aan verrinneweerde sielslatte"
omvorming
2020-11-19"minder of meer as ’n wringende wurm wat begeer
om na dese in ’n skoenlapper te transformeer"
drie bossies sewejaartjies
2020-11-17LitNet is 21 jaar oud. Met die ondersteuning van die Hiemstra Trust vier ons dié mylpaal met nuwe verse deur ons voorste digters. Lees Bibi Slippers se drieluik hier.
Ballingskap van die nagspook
2020-11-16"stukke van ’n menswees
tussen bloedbevlekte woorde –
terwyl sy verbergde jare-letsels
wreed klouter oor haar vel"
Ego
2020-11-16"Wat ek is,
is veel dieper,
dieper as wat ek ooit sal kan besef
Ek kan nou met siele,
vir die eerste keer connect."
Along came the wind
2020-11-16"Thus the dead speak swift as the wind?
The chiming tunes,
The thumbing thunder that rolls,
smashing the hills in moments of grace."
