Afspraak

  • 0

Jy staan wêreldwyd in lesingsale
met jou kort rokkies, jeans en stewels,
maar nou soek ons ’n seekosrestaurant:

beweeg deur Johannesburg se strate,
verby sluipende, donker figure
en houtvisse gemonteer teen ’n muur.

“Jou projekte is oëverblindery,”
sê jy guitig en kyk na die spyskaart.
“Dit is net ’n plan om my hier te kry.”

Ek noem Cleopatra en Kenia,
die klipkerke van Ethiopië
en hoe jou multimedia kan werk.

Try a crowdfunding campaign for a month!
Jou vinger skuif stadig oor die wynlys –
en skielik sê jy: “Jy’s baie funny.”

Later, wanneer jy die visgereg skep,
voel ek die konus wat soos ’n teken
in my swart baadjie se binnesak lê.

Ek noem nog die geil tropiese plante
van die Indiese Oseaan en reis,
maar vermy die wulpse coco de mer.

 

Lees al die Mondig-gedigte hier:

Mondig

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top