
Foto: Canva.com
my gedagtes se argief
So sit ek in my gedagtes vasgevang
deur note wat in my gedagtes hang,
En woorde wat op papier moet vloei
Maar my hande wat dit so bemoei.
Ek staan hier vandag met my siel en stry
dit is lanklaas wat ons so baklei
Dat ek net probeer stil word in die dag se geraas
Maar dat my gedagtes harder is, is wat my verbaas
Maar ek sit hier op die trap en staar
En dat ek aan my hart en siel moet verklaar
Dat my gedagtes my soms onderdruk
Maar in die argiewe van my gedagtes
vind ek tog soms ’n stukkie geluk.


Kommentaar
Pragtig, Liam. Moet asb. net nooit ophou skryf, sing en alles so mooi ervaar soos net jy kan! Jy is enig in jou soort. Jy kan, jy sal en jy gaan!!! Liefde, Ronel
Flippen beautiful.
Wow Liam! Dis onbeskryflik mooi geskryf.
Eisj