Liam Hugo

Liam Hugo (24) is ’n amateurskrywer en kunstenaar. Hy woon in Nederland en is tans besig met die laaste jaar van sy BMus-studies deur Unisa en neem vanaf Junie operalesse in Amsterdam.  

In 2014 matrikuleer hy aan die Hoërskool Goudveld in Welkom. Tydens sy hoërskoolloopbaan vorm hy deel van die Hoërskool Goudveld-koor en -kamerkoor. Hy het ook hoofrolle vertolk in Beauty and the beast as Lefu en in Joseph and his amazing technicolor dreamcoat as die oudste broer, Ruben. Die produksies is deur die Hoërskool Goudveld in die Ernst Oppenheimer-teater aangebied, met begeleiding deur Gerda Koekemoer en Eranee de Beer. Hy neem ook deel aan kunswedstryde en eisteddfods gedurende sy hoërskoolloopbaan en is in vele kategorieë ’n wenner met A++, A+ en A- simbole.

In sy graad 12-jaar vorm hy deel van die Noord-Vrystaat-jeugkoor met begeleiding deur Frank J van Rensburg, en slaag ook sy graad 8- vokale musiekeksamen. In 2015 vertolk hy die rol van Beacham in Hell and high water wat deur die Amdram-groep uitgevoer is.

In 2016 neem hy deel aan die South African Championships of Performing Arts en behaal die tweede plek in sewe van sy agt kategorieë, deel ’n eerste plek in die operakategorieë, en word vir die Suid-Afrikaanse span gekies.

Hy begin sy musiekstudies in 2017 aan Unisa en werk ook deeltyds by die Hoërskool Hentie Cilliers in Virginia as koormeester en rugbyafrigter. Gedurende sy drie jaar by Hentie Cilliers bou Liam ’n koor wat van 30 tot meer as 100 lede gegroei het. Hulle wen die Makietie Kontreifees-kunswedstryd se Koor en Ensemble-afdeling in 2018 en neem ook deel aan kykNET se Sing in Harmonie in 2019. Alhoewel Sing in Harmonie vir kleiner kore bedoel was, het Liam gevoel dat die kinders in sy koor verdien om blootstelling aan groter kompetisies en ander kore en musiek te beleef.

In 2020 begin hy ’n nuwe hoofstuk in Nederland as au pair in Leiden en versterk sy honger na kuns, kultuur en musiek.

A different ending

Liam Hugo New writing 2021-12-07

"By an invisible force that will not sway 
And its purpose to disrupt and to set asunder  
And rob this world of all its wonder"

Lost in my mind

Liam Hugo New writing 2021-11-28

"Of worlds and lands beyond and far away 
That place where my soul longs to stay 
Further than the moon or even Mars"

my gedagtes se argief

Liam Hugo Poësie 2021-03-10

"Maar ek sit hier op die trap en staar 
En dat ek aan my hart en siel moet verklaar 
Dat my gedagtes my soms onderdruk" 

Top