
Foto: Unsplash.com
die herfs van 2020
in die herfs van 2020
het die inperking gekom
ons almal verslae gelaat
die wêreld kom verstom
ons in ons eie huise
gevangenes kom maak
ons kon nie soos gewoonlik
aan ons geliefdes raak
in die herfs van 2020
het maskers opgedaag
daarsonder kon jy dit nie
eers na jou bure waag
in die verte het die wolke
onheilspellend saamgepak
die dood het monsteragtig
op mense toegesak
die herfs van 2020
het verandering gebring
die voëltjies in die bome
het skielik ophou sing
ons kon nie soos gewoonlik
met vriende drink en braai
ons wag steeds dat die wind
in die regte rigting waai
die herfs van 2020
was maar net die begin
van ons stryd om Covid-19
vir altyd te oorwin

