hou

  • 1

ek hou van jou
en my by jou
ge-ek-en-jy

as ou altyd
kop-en-skouers-uittroner bokant
in-triomf-gedraagde op die skouers van
skares hier-en-noue
my kon aanhou hou by jou
sou ek van altyd ook kon hou

altyd stap   dan en wan   met ek-en-jye weg
Odusseus&Penelope   Héloïse&Abélard
met smart en trou tot die allooi versmelt
waarvan onderonstrofees gesmee word
maar hy behou wat ont-
hou bly
van eens se hiere
toe se nous

en ek hou van jóú
van my hiér
aan ’t ons met jou

 

Lees al die Mondig-gedigte hier:

Mondig

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top