
Foto: Canva.com
Herfs
Ek wil verdwaal in die klowe
sodat ek kan skree op jou berge
Ek wil jou valsheid begrawe
jou uit my lewe moor
Ek wil jou liefde in ’n bottel vang
dit gaan uitsmyt in ’n modderdam
Ek wil jou siel verdrink
die een wat my so laat sink
Ek wil jou beloftes afbrand
sodat jy kan skroei
Ek wil jou omgee in blare verander
die soort wat wegwaai as dit winter raak
Ek wil jou woorde laat verdwyn
dit uitspoeg oor die horison
Daar waar die son sak
nes my kop toe die trane brand
Ek wil jou vergeet
Hemel weet ek probeer so hard
Kommentaar
'n Aangrypende gedig, met soveel nuwe metafore om hartseer en verraad en verlies te verwoord.
Mens, jy kort hulp! Soveel pyn ...