
Foto: Canva.com
Mortifikasie
die kind is toegedraai in ’n stuk materiaal
sonder lewe en liefde verlaat
geen wiegelied voor die swanesang
net ’n naelstring as troos
Bondel vullis
ek kan nie ophou kyk
na die reep op reep lap
lewende kleure en bont daarby
eens deel van iets groter;
nou geskeur net een doel dien
Bondgenoot
vrolike bont lap
dien as ’n roukleed
hou vas die geheim
uit my moordkuil
hou heilig die las in lap
Vabond
repe is my kombers
en my lyf
Bondelkoop
is goedkoop koop uit vuil hande in ’n agterstraat
wat hulp aanbied maar hel laat geskied
only two pills and your problem goes away
ek kyk weg
soek genade
kyk weer terug
sien net bloed
en ’n klein bondeltjie in onvanpaste lap
Verborge