Behoort
2025-04-17"Ek bid vir jou ’n hond wat jou hand sal lek
wanneer jy eensaam voel en ongeliefd"
Die sondes van ons vaders
2023-07-13"Vry was ek, maar met bloed aan my hande
die lem van my wapen wat my moes red
het hale gesny aan my eie lyf en ek kon nie keer"
Die dooie vis
2023-05-11"Vergewe my is wat ek vra.
Laat my lewe is wat ek eis.
Ek is immers nie ’n vis nie."
Wie is ek, Ma?
2023-04-06"Ek sukkel om te slaap vanaand. Sus doen moeite om my tuis te laat voel, maar haar beddens was nog altyd te hard en haar komberse pof te veel. Ek is nie ondankbaar nie, maar ek slaap beter op die plaas, Ma."
Gebed vir Corlie
2023-01-20"My vriendin het ’n donsiekop waarop trotse haartjies loer, ragfyn
kanker het gekom, maar U weet van dit
U weet van die huil en die onseker en van die baie pyn"
Die kind kies dood
2022-10-07"Wie het jou siel gesteel toe ek weggekyk het
en waar kan ek begin soek na die stukke wat jy wegsteek
ek het reeds gekyk in jou dooie lyf maar al wat daar was, was windstilte en bloednat;
met spore van oorlog op jou bobene uitgekerf
dit was ’n skildery van seer en soebat en verwyt en al wat ek kon gee is my huil"
Lewensredder
2022-09-08"In die kom van die klein baai
kyk ek na die kierang-see:
bloubleek water lyk warm en knus
bloubleek water het ys in sy kus"
Luister
2022-04-28"kinders sien nie die gevaar
wat in haar lower wydheid skuil.
Kinders is onskuldig;
Kinders is sieners wat die toekoms in lag"
Mortifikasie
2020-12-23"ek kan nie ophou kyk
na die reep op reep lap
lewende kleure en bont daarby
eens deel van iets groter;
nou geskeur net een doel dien
Bondgenoot"
Aan die voete van Maria
2020-11-26"Ek dink baie aan Maria wat ek as kind geken het; Maria van Sergeantstraat in Bloemfontein. Hoekom weet ek nie, maar toenemend vang ek myself uitkyk of ek haar kan uitken in die vroue wat soggens verby my huis loop en smiddae terug."
Huis, woning, tuiste: Reinet de Waal se inskrywings
2017-01-20Lees Reinet de Waal se inskrywings vir LitNet se gedigkompetisie: Huis, woning, tuiste.
