Die kind kies dood

  • 5

Die kind kies dood

Foto: Canva

Ek breek
maar nie soos ’n mooi nuwe dag nie;
eerder ’n droë tak wat se lewe deur vrugte en blare en nuwe lote getap is
dor gelaat is / verloorder verlaat is

My gedagtes word gewaai deur winde
maar nie winde van verandering nie;
dit is stofwolke en tolbosse wat ’n toe deur nie eers kan keer nie
laag op laag vuil

My kind. Mý kind.

Wie het jou siel gesteel toe ek weggekyk het
en waar kan ek begin soek na die stukke wat jy wegsteek
ek het reeds gekyk in jou dooie lyf maar al wat daar was, was windstilte en bloednat;
met spore van oorlog op jou bobene uitgekerf
dit was ’n skildery van seer en soebat en verwyt en al wat ek kon gee is my huil

Is dit stil, einde laas stil?
soos verligting
maar nie soos vrede nie

  • 5

Kommentaar

  • Reinet, hierdie gedig verdien 'n prys/toekenning van een of ander aard. Ek hoop en vertrou dit gebeur vir jou.

  • Ek lees die seer in elke woord en tussen elke lyn. Die digter ontbloot haar siel aan die leser. Soveel pyn, vrae en selfverwyt na ’n kind se selfdood.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top