Die sondes van ons vaders

  • 0

Foto: Canva

Die sondes van ons vaders

In my hand hou ek ’n skêr
wat ek skerpgemaak het om toue en naelstringe te knip wat my bind
sodat ek ongebonde kan loop

Vry was ek, maar met bloed aan my hande
die lem van my wapen wat my moes red
het hale gesny aan my eie lyf en ek kon nie keer

Nou is ek net eensaam
met wonde en geen hulp
en ek het geroep na my pa
wat gereageer het op my kreet
deur sy mes te bring
en toue en naelstringe te knip wat hom bind

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top